Die mense wat die strate vee, is nie altyd deeglik nie. Hulle vee net die vore. Dit wat op die sypaadjie lê, vee van hulle nie op nie. As die herfs kom, hoe maak hulle dan met die blare? Die sypaadjies moet skoongevee word anders lyk dit nie netjies nie. Die munisipaliteit moet kyk daarna.
*****
Ek wil mense waarsku teen Dr Eve. Ek is ook een van die slagoffers. Ek is miljoene belowe, maar het niks gekry nie. Elke keer moes ek net geld bring en bring en dan was daar net nog ’n storie. Wees asseblief versigtig. Ek het baie verloor en sukkel nou as gevolg daarvan.
*****

Dit is die verfspan van die munisipaliteit wat vroeg reeds besig is in Parkweg. Hulle maak ons dorp mooi. Dankie vir jul opofferings.
*****
U moet u daarvan vergewis dat Jakarandalaan twee jaar laas ’n waterbeurt ontvang het. Waar moet ons aanklop vir ons regmatige waterbeurt waarvoor ons maandeliks betaal? My vraag is: Ontvang die amptenare sowel as waterfiskale nog ’n salaris? Hoekom? (Die munisipaliteit en raadslede het reeds meermale vanjaar almal met leiwaterprobleme gevra om hulle te kontak vir die vrystellling van betaling as hulle nie leiwater ontvang nie. Kontak asb Kobus du Toit (083 574 7121), raadslid Johan Fourie (0827716580) of raadslid George Kersop (0729160018).
*****
Dit lyk regtig soveel beter in Wesbank met verfwerk op die paaie wat gedoen is.
*****