Goeie weernuus: sterk winde iets van die verlede

 

weather

Die sterk winde in die Tuinroete en Klein Karoo is vir eers iets van die verlede, sê Wayne Venter van die SA Weerdiens.

Volgens Venter gaan winde in die gebiede bedaar en slegs lig tot matig (10 to 20 km/h) wes tot suidwes waai.

Daar is geen weerwaarskuwings vir Sondag nie met gedeeltelik bewolkte weer wat voorspel word. Ligte reënbuie is vanaand en oornag tot in die vroeë oggendure Sondag moontlik op plekke in die Eden Distrik.

Dit sal môre koud wees met voorspelde temperature van 17 grade Celcius vir George en Mosselbaai en 18 grade Celsius in die Klein Karoo.