Full Steam Gardening stoom voort

Deur Wyndham Ewerts

Full Steam Gardening se Kwekery en Tuin­maakdienste op Oudtshoorn is volstoom aan die gang en gaan van krag tot krag!

So vertel Johan Beets, eienaar, wat al 17 jaar lank betrokke is by die tuinmaak-bedryf, en ook baie goed vertroud is met die skepping van pragtige natuurareas, insluitend die van ’n gholflandgoed.
“Tuinmaak is my passie, daarom glo ek dat tuinversorging in werklikheid ’n mooi baadjie is wat jy aantrek vir jou huis, en dat dit jou huis se waarde met die eerste indrukke onmiddelik ver­beter.
“Omdat ek so lank in die bedryf is, weet ek dat mense dit dikwels as ’n onnodige uitgawe be­skou, maar ek kan u verseker dat dit by Full Steam Garde­ning baie bekostigbaar is, en dat u woning op die langtermyn net daarby kan baat.”

Behalwe vir die tuindienste wat FSG lewer, bied hulle ook die volgende aanvullende dienste:
• Die lê van plaveisel;
• Oprigting van vibricate-mure;
• Algemene huis-opknappingswerk;
• Houtvloere, badkamerteels en die laminering van vloere.

“Ons by Full Steam Gardening besef ook dat water deesdae skaars is, daarom het ons ook pragtige vetplantjies beskikbaar wat jou tuin kan ophelder sonder om jou ’n sent uit die sak te jaag,” sê Johan.
Vir elke plantjie wat verkoop word tot en met 8 Junie 2017, gaan Full Steam Gardening ook R2 skenk aan Oudtshoorn Dogs in Need, ’n diereorganisasie wat diere by die skut bystaan.
Bestellings kan ook afgelewer word.

Plantjies kan besigtig word op die Facebook-blad, Full Steam Gardening Oudtshoorn.
“Ek hoop om ’n positiewe, kleurvolle en vierseisoene-tuin te skep vir elkeen wat hierdie passie met my deel.”