Van links is Tessa Carelse en Margaux Nel, albei van Boplaas, Johannes Mellet van Montagu Wynkelder, Louis van der Riet (De Krans), Hermias Vollgraaff (Montagu Wynkelder), Jaco Crous (verskaf druiwe aan De Krans), Chris de Villiers (Montagu Wynkelders), Alwyn Burger (Calitzdorp Wynkelder) en Abraham Pretorius (Calitzdorp Wynkelder).
MONTAGU WYNKELDER het uitsonderlik presteer by vanjaar se Klein Karoo Streeksjongwynskou waarvan die uitslae op Donderdag, 17 Augustus, tydens ’n gesellige geleentheid by Hillock Wines in die Ladismith-distrik bekend gemaak is. Montagu Wynkelder is nie net vir die vyfde jaar agtereenvolgens as die Klein Karoo se 2017 Kampioen Produsentekelder aangewys nie, maar het ook agt kampioenwyne en en ses reserwe-kampioenwyne opgelewer.
Montagu Wynkelder het die volgende kampioenwyne ingeskryf: Droë Witwyn, Chenin Blanc, Chardonnay, Natuurlike Soet Tafelwyn, Cabernet Sauvignon, Ruby Cabernet en Droë Rooi Tafelwyn; en die volgende reserwe-kampioenwyne: Chenin Blanc, Chardonnay, Natuurlike Soet Tafelwyn, Cabernet Sauvignon, Ruby Cabernet en Droë Rooi Tafelwyn.
Calitzdorp Wynkelder is as die Reserwe Kampioen Produsentekelder aangewys en het sterk vertoon in die Muskaatklas deur die Kampioen sowel as Reserwe Kampioen Muskaat Versterkte Wyn en die Reserwe Kampioenwyn op te lewer.
De Krans Wynkelder is as die 2017 Kampioen Privaatkeldern aangewys en het die Reserwe-Kampioen Droë Witwyn opgelewer.
Boplaas Family Vineyards is die 2017 Reserwe-Kampioen Privaatkelder en die kelder se Kampioen Nie-Muskaat Versterkte Wyn, wat vir Port toegeken is, is as die Kampioenwyn aangewys.
Excelsior Vlakteplaas het die Reserwe-Kampioen Nie-Muskaat Versterkte Wyn, wat vir ’n Jerepiko toegeken is, opgelewer.
Vir meer inligting oor die Klein Karoo-streek en sy wyne kan www.kleinkaroowines.co.za besoek word. Vir navrae kan Ellen Marais van die Klein Karoo Wynroetekantoor by 082 214 5910 of info@kleinkaroowines.co.za gekontak word.