Klein Karoo Jongwynskou 2019: Kelders lewer steeds wyne van gehalte

Die trofeewenners by vanjaar se Klein Karoo Jongwynskou is voor van links Chris de Villiers (Montagu), Hermias Vollgraaff (Montagu), Danie van der Westhuizen (Calitzdorp) en Margaux Nel (Boplaas), en agter van links Christoff de Wet (De Krans), Louis van der Riet (De Krans) en Jan-Jurie Schoeman (Excelsior-Vlakteplaas). Foto: Ronel Preston

Verskeie produsente uit die Klein Karoo het aan die Klein Karoo Jongwynskou deelgeneem en die uitslae is op 15 Augustus op Montagu bekend gemaak.

Boplaas Family Vineyards is die Kampioen Privaatkelder met die Kampioen Droë Witwyn (Kampioen Sauvignon Blanc) en die Reserwe Kampioen Nie-Muskaat Versterkte Wyn.

De Krans Wynkelder is die Reserwe Kampioen Privaatkelder.

Die Reserwe Kampioen Produsente Kelder, Calitzdorp Wynkelder, het die Kampioenwyn vir die skou, die Kampioen Nie-Muskaat Versterkte Wyn (toegeken vir ’n Kaapse Wynoes) ingeskryf, tesame met die Kampioen Natuurlike Soetwyn.

Montagu Wynkelder wat uitsonderlik gepres-teer het, is die Kampioen Produsentekelder vir die 2019 Klein Karoo Jongwynskou. Dit is die sewende jaar agtereenvolgens dat Montagu Wynkelder dié prys ontvang het.

Montagu Wynkelder spog ook met die Kampioen en Reserwe Kampioen Chardonnay; die Kampioen en Reserwe Kampioen Chenin Blanc; die Reserwe Kampioen Droë Witwyn (Kampioen Colombar) en Reserwe Kampioen Colombar; die Reserwe Kampioen Sauvignon Blanc; die Reserwe Kampioen Natuurlike Soetwyn; die Kampioen Droë Rooiwyn (Kampioen Cabernet Sauvignon); die Kampioen en Reserwe Kampioen Merlot; die Kampioen Pinotage; die Reserwe Kampioen Droë Rooiwyn (Kampioen Ruby Cabernet) en Reserwe Kampioen Ruby Cabernet; die Kampioen Shiraz en Reserwe Kampioen Shiraz; asook die Reserwe Kampioenwyn (Kampioen Muskaat Versterkte Wyn) en die Reserwe Kampioen Muskaat Versterkte Wyn.

Vind meer uit oor die streek en sy wyne en besoek ons by www.kleinkaroowines.co.za