
MET ’n suksesvolle 2018-parsseisoen agter die blad, is Karusa, die wynlandgoed net buite Oudtshoorn in Schoemanshoek, reeds besig om van hulle 2018-oeswyne te botteleer.
2018 is ’n fokusverskuiwingsjaar vir Karusa, sê die wynmaker Jacques Conradie. Vanaf 2018 word die meerderheid van Karusa se wyne geëtiketteer as amptelik geregistreerde enkelwingerd-landgoedwyne. Sekere 2017-wyne word ook hierby ingesluit.
“Hierdie enkeleenheid-wingerde met hul uitsonderlike karakter word op Karusa se plaas verbou, en die wyn ook daar gemaak en gebotteleer. Dit gee ons groter beheer oor die volle proses en verseker wyne van die hoogste gehalte aan ons kliënte.”
Jacques sê daar word op Karusa al meer gefokus op wingerdspesifieke wyne.
“Op so ’n manier aksentueer ons die invloed van die grond, klimaat en dus die karakter en oorsprong van die verskillende kultivars. Ons is bevoorreg dat die wingerde wat ons teen die hange van Schoemanshoek geplant het, nou ’n ouderdom bereik waar ons al hoe meer spesifieke geure en smake kry wat ’n besliste identiteit weerspieël.
“Ons witwyne wys tropiese en mineraalagtige geure met ’n vol vars middelpalet, terwyl ons rooiwyne diep donker kleure het met intense donker-kersie en braambessie-geure. Die rooiwyne het groot tanien-strukture en is uiters gepas saam met Karoodisse soos volstruis en wildsvleis. Ons rooiwyne verouder ook gemaklik vir vyf tot agt jaar.
Die drie belangrikste faktore wat Karusa se druiwe se uniekheid beïnvloed, is soos volg:
• ’n direk suidelike berghang (koeler hang);
• Ligging van 500 meter bo seespieël;
• Marginaal vrugbare klipryke koloviale gronde
Hierdie kombinasies tesame met presiese wingerd- en kelderpraktyke kan duidelik in elke bottel Karusawyn geproe word.
Kwantiteit en produksie per ha is sekondêr tot gesonde goed gebalanseerde druiwedrag.
Karusa produseer slegs sowat gemiddeld 7,5 t/ha teenoor ’n Klein Karoo gemiddeld van ongeveer 16 t/ha. Deur produksie te beheer help dit ook geweldig om te verseker dat beproeiingswater optimaal aangewend word, aangesien die wingerde goed gebalanseer is met baie diep wortelstelsels.
In die volgende paar weke sal daar op spesifieke wyne en style gefokus word om die leser ’n meer in diepte en interessante agtergrond te gee in die wonderwêreld van wynbereiding.
Kontak ons gerus by: info@karusa. co.za of 044-2728717 of besoek ons proelokaal en restaurant Maandag tot Vrydag, 09:30-16:00, Saterdag 10:00-14:30. Sondag gesluit.
(Promosie)