Boplaas presteer by talle wynskoue

Daniël Nel van Boplaas met een van Boplaas se talle toekennings die laaste tyd. Hier is hy by die Novare Terroir Awards. Foto verskaf

BOPLAAS FAMILIE WINGERDE in Calitzdorp het die laaste ruk verskeie toppryse gewen in verskeie wynskoue.

Die 2004 Reserve Port is as die beste Suid-Afrikaanse port aangewys by die 2020 Michelangelo International Wine & Spirits Awards asook by die Novare Terroir Awards.

Die Boplaas Touriga Nacional 2019 is aangewys as die beste Suid-Afrikaanse Touriga Nacional by die Terrior Awards asook as die beste waarde-vir-geld-wyn in Suid-Afrika deur Tim Atkin, wynmeester van England.

Die Boplaas Bobbejaanberg Sauvignon Blanc is aangewys as die Kampioen Sauvignon Blanc in die streek, terwyl Boplaas se whisky, gin en brandewyn ook verskeie toekennings verower het.

Die Boplaas 8 Jaar-whisky, 8 Jaar-brandewyn en 8 jaar-Citrus Gin is by vanjaar se Michelangelo Awards almal met goue medaljes bekroon.

Boplaas het voorts ses goue medaljes vir sy port losgeslaan in die Tawny- en Vintage-klas by die Suid-Afrikaanse Jongwynskou.

Be the first to comment on "Boplaas presteer by talle wynskoue"

Leave a comment

Your email address will not be published.


*