Boplaas lewer meeste Top 10-wyne by Cappa Challenge 2018

CALITZDORP se wynkelders het uitstekend ge-vaar by die 2018 CAPPA Challenge op Vrydag, 17 Augustus, om die beste Kaapse Port en Portugese Kultivarwyne uit te kies.

Nadat ’n paneel van “gerespekteerde” wynbe-oordelaars al die wyne wat ingeskryf is, “blind geproe” het, het hulle die Top 10 Kaapse Portstyl- wyne en die Top 10 Kaapse Portugese wyne aan-gewys asook die Top 3 Museumklaswyne.

Sewe van die Top 10 Kaapse Port Stylwyne kom van Calitzdorpse kelders. Dié kelders en hul wyne is (in alfabetiese volgorde):

• Boplaas Family Vineyards:
– Boplaas Cape Tawny Vintner;
– 2016 Boplaas Cape Vintage Reserve;
– 2015 Boplaas Cape Vintage Reserve; en
– 2015 Boplaas Cape Vintage.

• Calitzdorp Wynkelder:
– Calitzdorp Cape Ruby.

• De Krans Wines:
– 2016 De Krans Cape Vintage Reserve; en
– 2015 De Krans Cape Vintage Reserve.

Onder die top 10 Kaapse Portugese wyne is ook sewe van Calitzdorpse kelders afkomstig. Hulle is:
• Axe Hill Winery:
– 2016 Axe Hill Lenie’s Hof Red.

• Boplaas Family Vineyards:
– 2015 Boplaas Ring of Rocks;
– 2014 Boplaas Touriga Nacional Reserve; en
– 2016 Boplaas Tinta Chocolate.

• De Krans Wines
– 2016 De Krans Tritonia
Calitzdorp Blend; en
– 2016 De Krans Touriga Nacional.

• Peter Bayly Wines:
– 2015 Peter Bayly III.

Die Top 3 Museumklaswyne is al drie van Ca­litzdorp afkomstig. Dié drie wyne is:
• 2005 Boplaas Cape Vintage Reserve;

• 2007 De Krans Cape Vintage Reserve Port; en

• Peter 2008 Peter Bayly Cape Late Bottled

Vintage.
CAPPA: Cape Port Producers’ Association