Die winterkoue het die afgelope langnaweek by Peak Wood in die Klein Swartberge naby Ladismith toegeslaan om dié skouspelagtige yskegels te vorm. By die yskegels is van links Johan Uys en David Fourie van Oudtshoorn en Johan Blignaut van Ladismith. Uys het die foto met behulp van sy kamera se “self timer” geneem.