Verhoed so dat krag vandag weer uitskop

B580990B-32EA-4306-AF60-748360B9EB4D-2611-000003B6EB7E9E64_tmp

DIE Oudtshoorn Munisipaliteit het vanoggend ‘n beroep op elektrisiteitsverbruikers in die sakekern gedoen om vandag so min as moontlik ektrisiteit te gebruik en so te verseker dat die krag nie uitskop nie. 

Dele van die sakekern,  die Queen’ s Mall ingesluit, word sedert gister vir lang rukke lamgelê as gevolg van probleme met kragkabels.

Die munisipaliteit het vanoggend die volgende verklaring uitgereik:

Ons kragkabel wat Jan van Riebeekweg tussen Rademeyer- en Kerkstraat bedien, ondervind tans twee kabelfoute wat heeldag gaan duur om te herstel. Ons het ‘n alternatiewe toevoer ingeskakel tussen Unieplein en die ou Pinehurst-substasie op die hoek van St Johnstraat en Jan van Riebeekweg wat beteken dat die hele Oudtshoorn-sakekern en Jan van Riebeekweg se verbruikers op ‘n enkele voerder is. Sonder die publiek se samewerking, veral die sakesentrum, sal ons nie vandag kan deurgaan sonder ‘n lang kragonderbreking in die betrokke areas nie.

Ons maan ons verbruikers om net die absolute minimum elektriese toestelle vandag aan te skakel .