Merk jou voertuie se batterye deur die registrasienommer van die voertuig daarop aan te bring. Merk jou motorhekbattery met jou selfoonnommer of adres. Dit maak dit makliker vir die polisie om op te volg indien batterye gevind word. Wenk van kapt Wynand du Plessis, sektorbevelvoerder Wyk 3 (Oudtshoorn-dorp).