Lang toue voertuie wag reeds buite Oudtshoorn vir die hekke om Saterdag om 06:00 te open vir die Klein Karoo Ovaalbaankkampioenskap. Foto’s: Angelique Erasamus

Ferdie Janeke en Werth van Jaarsveldt van George wat gisteraand al langs die pad oorgeslaap het om seker te maak hul kry plek langs die baan!

Voertuie staan reeds in lang rye op die Calitzdorppad buite Oudtshoorn met toeskouers wat wag dat die hekke môreoggend om 06:00 open vir die jaarlikse Richard Griessen Repairs Klein Karoo Ovaalbaankampioenskap, die grootste kampioenskap van sy soort in die land.
Die kampioenskap begin môre om 12:00. Volgens die voorsitter van die Oudtshoorn Motorklub, Dirk van der Westhuizen, gaan 140 deelnemers die wiele Saterdag op die Arnold de Jager Ovaalbaan buite die dorp en word meer as 2 000 toeskouers verwag.
Van die toeskouers soos Ferdie Janeke en Werth van Jaarsveldt van George het gisteraand al langs die pad oorgeslaap om seker te maak hulle kry pleklangs die baan! Die twee sien veral uit die midgets, die manne met die V8-modifies uit Bloemfontein asook die 2,1 liter-klas! (Berig deur Angelique Erasmus)