Vanessa Engelbrecht ( voorsitter ACT, links), Tama-ra Schmid van Duitsland (Cango Wildlife Ranch, middel) en Vanessa Salisbury van George besig om een van die diere voor te berei vir sterilisasie.

Carlien Botha van die staatsveeartskantoor (links), besig met ’n sterili-sasie, terwyl Sharon Lee (Cango Wildlife Ranch) vanaf Hong Kong haar bystaan. Foto’s: Angelique Erasmus
Deur Angelique Erasmus
DIE derde Spay-a-Thon vir 2018 wat deur ACT (Animal Care Team) ge- reël is, het eergister en gister 106 diere gratis gesteriliseer.
Dertig vrywilligers van die Ebervet Petcare Groep, ACT en die Cango Wildlife Ranch was saam met die personeel van die staatsveeartskantoor betrokke
Diere uit Smartie Town, ’n woonbuurt in Bridgton, het vandeesweek aan die beurt gekom.
Die Hoorn het Dinsdag reeds vroegoggend gaan inloer, waar al die betrokkenes reeds aan die woel was.
Die vertrek wat aan ACT beskikbaar gestel is, is in vier dele opgedeel. Eerstens is daar die voorbereidingsgebied waar diere onder verdowing geplaas en geskeer word.
Daarna word diere oorgeskuif na die operasiegebied met vier tafels. Sodra die sterilisasie-operasie voltooi is, word die diere oorgeskuif na die area waar vrywilligers na hulle omsien totdat hulle bykom.
Vierdens is daar ook ’n opwasgebied waar toerusting vir die volgende prosedure gesteriliseer word.
• ACT het vanjaar al meer as 600 diere gesterliseer
Enigeen wat wil betrokke raak by die volgende Spay-a-Thon kan ACT se voorsitter, Vanessa Engelbrecht, by tel 044 272 7311 kontak.