Bo: Winter in die Klein Karoo! ’n Populierbos en sneeu op die Swartberge Maandagmiddag in die omgewing van die Raubenheimerdam buite Oudtshoorn. Foto: Schalk le Roux
NA ’n tydperk van onnatuurlike warm winterweer het sneeu die week temperature in die Klein Karoo skerp laat daal.
Sneeu het Maandagnag en Dinsdagnag op die Swartberge buite Oudtshoorn geval, met ligte sneeu wat ook Dinsdagnag op die Outeniquaberge suid van Oudtshoorn geval het.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal koue toestande oor die langnaweek voortduur met dagtemperature wat Saterdag tot 19 grade C sal styg en Sondag tot slegs 14 grade C.
Daar is ’n moontlikheid van ligte reën Sondag en Maandag.