NOODHULP EN NOODGEVALLE
Noodhulppunte is by die Gesamentlike Operasionele Sentrum (GOS – in die munisipale gebou met ingang Vredestraat, onder) en in die Kuierbuurt beskikbaar. Vir noodhulpbystand of noodgevalle skakel 044 203 8656.
PENDELDIENS
Die Pendeldiens-basis vir vervoer na feesvenues is langs die CJ Langenhoven Gedenkbiblioteek in Voortrekkerweg. Die diens word op eie risiko gebruik. Tel: 061 071 6814
KAARTJIEVERKOPE
Kaartjies is beskikbaar by die kaartjieskantoor op die REC in die Kuierbuurt, ook by ’n kaartjiekantoor in die Netwerk24 Feeskafee en twee mobiele kaartjieskantore – een aan elke kant van Vredestraat. 09:00 tot 18:00.
FEESGIDSE
Feesgidse is te koop by PostNet Oudtshoorn, die toerismeburo en die KKNK-kantoor.
INLIGTING
Vir feesnavrae besoek een van die inligtingspunte in Baron van Reede- of Vredestraat, of kontak die KKNK-kantoor (by Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckweg) by 044 203 8600 of info@kunste.org.za