
OUDTSHOORNIETE het nog net tot volgende Vrydag, 15 Februarie, die geleentheid om weekkaartjies vir vanjaar se 25ste KKNK teen ’n spsiale winskoopprys van slegs R200 koop!
Dié aanbod geld slegs vir Oudtshoorniete.
Dié goedkoop weekkaartjie is by die KKNK-kantoor by Arbeidsgenot in Jan van Riebeeckweg, Oudtshoorn te koop.
Dit maak vanjaar se kwarteeufees toeganklik vir inwoners vir slegs sowat R28 per dag!
Vanjaar se fees duur sewe dae en die Kuierbuurtkaartjie se amptelike prys is R300.
Dié kaartjie gee toegang tot ses opelugaandkonserte, en ook tot die kunsmarkte, kosstalletjies, Speelbos, Liplekker en die Castle Lager-verhoog.