Inwoners bedank vir hul geduld

DIE Groter Oudtshoorn Munisipaliteit het die week inwoners van Oudtshoorn bedank vir hul verdraagsaamheid en samewerking tydens onlangse kragonderbrekings.

Die kragonderbrekings het gevolg nadat die munisipaliteit roetine-inspeksie van die kragkabels en transformators gedoen het.

In sulke gevalle is dit noodsaaklik om die elektrisiteit af te skakel in die gebiede waar die instandhouding gedoen is.

Die grootste deel van die inspeksies is laat in die aande gedoen om besighede en huishoudings so min as moontlik te ontwrig.

Inwoners is ook op sosiale media gewaarsku dat die krag afgeskakel mag word.

Hierdie instandhouding en herstelwerk moet elke paar jaar gedoen word.