DIE SA Weerdiens het gister twee ernstige waarskuwings vir die Klein Karoo uitgereik – die eerste vir ’n hittegolf wat uiterste warm temperature tot Sondag in die streek tot gevolg sal hê, en die tweede vir ’n ernstige brandgevaar vandag (Donderdag).
Die SA Weerdiens gee die volgende wenke vir hittegolwe:
• Bly binnenshuis in ’n koel vertrek, indien moontlik naby ’n waaier.
• Bejaardes en verswaktes moet veral versigtig wees.
• Staak enige uitputtende buitemuurse aktiwiteit, indien aanbeveel.
• Moenie aan sport deelneem nie.
• Dra ligte klere.
• Drink genoeg vloeistowwe, maar nie alkohol wat die liggaam laat ontwater nie.