Corleen Barnard van Oudtshoorn en De Rust Toerisme (tweede van links) by van links Christo Kammies (Alert Patrol), Jacobus Titus en Linda Durand van Alert Patrol. Foto verskaf
SEKERHEIDSWAGTE patrolleer reeds sedert 10 Oktober Oudtshoorn se gewildste toerismestraat saans.
Dié inisiatief van die Oudtshoorn en De Rust Toerismekomitee is geneem om die veiligheid van toeriste wat saans restaurante in Baron van Reedestraat wil besoek, eerste te stel en seker te maak hulle word nie deur straatkinders of bedelaars lastig geval nie.
Die sekerheidswagte patrolleer die gedeelte van Baron van Reedestraat tussen St John- en St Saviourstraat elke aand tussen 18:00 en 21:30. Hulle sal die hele toerismeseisoen aan diens wees.
Die sekerheidswagte kan uitgeken word aan hul hemde met die logo’s van die toerismeburo en Alert Patrol daarop. Agterop hul hemde staan “Tourist Security”.