
Adv Gerrie Nel. Foto verskaf
Deur Liesel le Roux
DIE hoof van AfriForum se private ondersoekeenheid, adv Gerrie Nel, besoek Oudtshoorn volgende Donderdag (6 Desember) as gas van die plaaslike AfriForum-tak.
Nel sal die aand in die saal van Laerskool Laurus optree en onder meer oor plaaslike regeringsake praat en ook vrae beantwoord.
Toegang is gratis. Die verrigtinge begin om 18:30.