Februarie is druiwepluktyd in die Klein Karoo! Onder die talle besoekers wat Calitzdorp toe gery het om van De Krans Wynkelder se heerlike hanepootdruiwe te gaan pluk, was Martin en Pom Moul van Hoekwil en hul kinders (van links) Fiona (7), Haydn (6) en Cristina (4). Hanepoot kan nog daagliks tot 24 Februarie by De Krans gepluk word teen slegs R8,50 per kilogram. Foto: Schalk le Roux