Algehele verbod op die natlei van tuine

Werkers onder die watervlak van die Raubenheimerdam besig om die beton rondom die stukkende pyp uit te boor.

Die uitlaatklep van die Raubenheimerdam word toegemaak sodat herstelwerk kan afskop. Foto’s verskaf
Die Oudtshoorn Munisipaliteit het inwoners versoek om nie hul tuine nat te lei totdat die pyplyn herstel is nie. Hiermee kan inwoners help dat die dorp se water nie opraak terwyl die pyplyn herstel word nie.
Deur Liesel le Roux
DRINGENDE en ook gevaarlike herstelwerk aan die pyplyn wat Oudtshoorn se drinkwater vanaf die Raubenheimerdam
na die dorp toe bring, het Maandag begin. Stukkende plekke in die pyp lyn, wat in ’n tonnel onder die watervlak van
die dam geleë is, is onlangs gevind.
Volgens die Oudtshoorn Munisipaliteit behoort die herstelwerk teen Maandag, 11 Junie, voltooi te wees.
Omdat skade aan die tonnel kan veroor saak dat groot hoeveelhede water in die tonnel in vloei en tot le wensverlies en
die verlies van alle water in die dam kan lei, moet uiters versigtig te werk gegaan word.
Die watertoevoer vanaf die Raubenheimerdam na Oudtshoorn is Maandag – oggend afgesluit en die Melvilledam se
toevoer na die dorp oopgemaak. Hierna het die boorwerk aan die beton rondom die pyplyn begin.
Die boorwerk en die wegbreek van die beton sal na raming sowat vyf dae duur en die uithaal van die stukkende pyp en
insit van ’n nuwe pyp ’n verdere twee dae. Een dag word opsy gesit vir die toets van die pyplyn. As dit suksesvol is, sal
water weer vanaf die Rau benheimer dam aan Oudtshoorn voorsien kan word.
Die bekisting rondom die pyp, die staalwerk en die invul van beton rondom die pyp sal ’n verdere vyf dae neem.
Inwoners is vandeesweek versoek om water te bespaar sodat watertekorte nie ontstaan nie.
“Aangesien die pyplyn vanaf die Melvilledam heelwat kleiner is as die pyplyn vanaf die Raubenheimerdam, vloei minder water na Oudtshoorn as wat die verbruik is. Dit kan daartoe lei dat die reservoirs by die dorp se vlakke daal en dat watertekorte voorkom. Om dit te verhinder, word inwoners ernstig versoek om water te bespaar en geen tuine nat te maak tot 4 Junie nie,” het Ntobeko Mangqwengqwe, munisipale woord voerder, gesê.
• Voordat herstelwerk aan die pyplyn kon begin, moes ’n foutiewe 450 mmdeursnitklep eers verlede Woensdag vervang
word. Dié klep keer dat water vanaf die Melvilledam by die stukkende pyp van die Raubenheimerdam uitlek en die
herstel van daardie pyplyn verhinder.
Donderdag is die watertoevoer vanaf die Raubenheimerdam gestaak en water vanaf die Melvilledam na Oudtshoorn
gevoer as ’n toetslopie. Intussen is daar ook ’n kragkabel aangelê na die tonnel vir beligting en vir kraggereedskap wat
tydens die herstelwerk gebruik word.
’n Toegangsplatform met steierwerk is ook gebou om toegang na en van die tonnel te vergemaklik.