ABBA-konsert: Tyd loop uit vir kaartjies

Juju Domingo en Helene Henn mág maar Abba se liedjies sing! Dié foto is by ‘n Abba-huldeblykkonsert by Lourensford geneem. Foto verskaf

DIE tyd loop uit om jou kaartjies te koop vir die Abba-huldeblyk-konsert op Saterdag, 23 Februarie, op die granaatplaas Celebratio, sowat 30 km buite Oudtshoorn op die sementpad.

Dit beloof om ’n uitsonderlike aand onder die Karoo-sterre te wees met A Classical Tribute to the Music of Abba aangebied deur die Stellenbosch Stadsorkes van 13 lede en drie soliste: Helene Henn, Kyle Seconna en Juju Domingo.

Meer as 20 mense sal betrokke wees by die produksie en dit beloof om ’n kuieraand soos min te wees met hope te eet en te drink.

Die restaurante Nostalgie, Bella Cibo en Karooboom het kosstalletjies by die vertoning en Black Mountain Gin, Calitzdorp-wynkelder en Liquorland sal sorg vir iets te drinke.

Kom kuier reeds vanaf 18:00 gesellig saam met vriende en ondersteun die plaaslike ondernemings.

Die vertoning, wat aangebied word in samewer-king met Die Hoorn, begin om 20:00.

Kaartjies is beskikbaar op die webwerf www. celebratio.co.za. Kaartjies kan ook kontant by PostNet in die Queen’s Mall op Oudtshoorn gekoop word .

Kaartjies wissel van R160 tot R200. Al die sitplekke is op stoele en gereserveerd. Beperkte VIP-pakkette is beskikbaar teen R380. Vir meer inligting bel Gerhard Meyer: 08280237138.