Snotkop laat konsertgangers saamdans by Celebratio

Snotkop se vertoning op Saterdag 7 September by die Celebratio-granaatplaas langs die sementpad tussen Oudts­hoorn en Calitzdorp het oud en jonk van die begin af op hul voete en aan die sing gehad! Dié konsert het nie net ’n glimlag op almal wat daar was se gesigte geplaas nie, maar was ook ’n heerlike warm September-kuieraand onder die Klein Karoo-sterre met talle stalletjies wat heerlike eet- en drinkgoed verkoop het. Verskeie konserte vind vanjaar nog by Celebratio plaas – met Classical Tribute to the Music of Andrew Lloyd Webber met die Stellenbosch Stadsorkers, Corlea en die The Voice-deelnemer Corneil Mulder op die verhoog op Saterdag 26 Oktober. Kaartjies hiervoor en al die ander vertonings is reeds te koop by www.celebratio.co.za of PostNet Oudtshoorn.