Die Oudtshoorn Junior Muurbalklub sluit kwartaal af met vriendskaplike wedstryd

Die Oudtshoorn Junior Muurbalklub het die kwartaal afgesluit met ’n vriendskap­like toernooi. Bo is Charlotte Bothma (afrigter) saam met die wenners in afdeling A en B, van links Joshlynn Pretorius (1ste, B), Ruben Van der Poel (1ste, A), Maarten Kruger (3de, A) en Lara Meyer (2de, B). Voor is Jayden du Plessis (3de, B). Onder is die wenners in die pre-juniorafdeling, van links De Villiers Bloem (2de), Jandre Alberts (3de) en Abrie Espach (1ste). (Foto’s verskaf.)