
Zibi 7’s beskou as reuse-sukses, lok hordes
Vrydag en Saterdag (29 en 30 Julie) se Zibi 7’s rugbytoernooi, wat deur Bridgton Sekondêre Skool (BSS) op die Bridgton Sportgronde aangebied is, was volgens die skool ’n reuse-sukses met ’n rekord-getal mense wat die toernooi bygewoon het. Verdedigende o.19-kampioene - Albert Myburgh Sekondêre Skool van Bredasdorp - het vanjaar hul vierde toernooi gewen. BSS se o.16-span het met die louere in hul afdeling weggestap, terwyl die skool se o.19-span die plaat-wenners in dié afdeling was. Foto’s: Ebenezer Titus
