Yaron weer vinnigste

Yaron Venter Saterdag op pad na die eindpunt. Foto: Garnett Wicomb

YARON VENTER het Saterdag (30 Oktober) die 260ste Oudtshoorn Parkrun by Surval Olyflandgoed met ’n blitstyd van 20 minute 38 sekondes gewen.

Tarren Jullies was tweede met haar tyd van 24 minute 38 sekondes en Gordon Afrika derde met sy tyd van 25 minute 3 sekondes,

Die 14-jarige Ilindi Weyers was die eerste junior by die eindpunt met ’n goeie tyd van 32 minute 18 sekondes.
Die res van Saterdag se 41 deelnemers se tye is soos volg:

Deon van der Walt (25:25), Christo Theart (25:49), Francois le Roux (26:37), Shane Claassen (27:19), Jarred Coetzee (27:53), Conrad Jullies (28:24), Fanie Olivier (28:31), Henry Carstens (29:09), Annemarie le Roux (30:07), Charl Marais (31:42), Corrie Kuilder (31:42), Verina Weyers (32:02), Ilindi Weyers (32:18), Guiliana Kuilder (33:37), Desiré Potgieter (34:11), Shelley Marais (34:39), Sanchia Afrika (37:33) en Maurice Wicomb (38:03).

• Oudtshoorn Parkrun word elke Saterdagoggend by Surval aangebied en deelnemers ontvang nog dieselfde oggend die uitslae per e-pos.

Wegspringtyd is 07:00 en deelname is gratis. Dit is verpligtend vir drawwers en stappers om met ’n masker by die wedren op te daag, maar kan sonder dit hardloop. (Deur Garnett Wicomb)