BYNA 90 perde en hul ruiters van so ver as die Weskus tot die Ooskus het die naweek op die Klein Karoo toegesak vir die De Zeekoe-Oudtshoorn Uithourit, aangebied deur die Garden Route Endu-rance Club (GREC).
Oudtshoorn se Nico-Meyer le Roux het weer sy stempel op die rit afgedruk en Bianca Venter van GREC het ’n WP-rekord verbeter.
Die uithourit is by Kansakrale net buite Oudts-hoorn gehou. Die roete het deelnemers oor De Zeekoe se gronde geneem, met verskeie afstande en afdelings wat oor twee dae gehou is.
Vrydag (20 Augustus) het rustig begin met die swaar- en standaardgewig 80 km-afdeling wat plaasgevind het.
Mariette Geldenhuys en haar perd Mahrento Nardi het die swaargewig-afdeling gewen, en Antoinette van Zyl op haar perd Kasan Viëtnam het met die louere in die standaardgewig-afdeling weggestap.
Saterdag was ’n besige dag met sewe afdelings oor twee gewigsklasse.
In die 80 km kinderruiter-afdeling het Willem van Wyk op Henham Scotchbonnet geseëvier. Janke Bothma en haar perd Kasan Teratorn het die jongruiterafdeling oor dieselfde afstand gewen, Le Roux en sy perd BK Habanero het die liggewig-afdeling oor hierdie afstand gewen, en Menita Renison op Olford Magic Dream die standaard-gewigafdeling.
Die wenners van die onderskeie 123 km-afde-lings was soos volg: Marli Geldenhuys en haar perd Lormar Tarzan in die jongruiter-afdeling; Venter en haar perd Henarstep Cu-eesha in die liggewig-afdeling waar hulle die WP-rekord verbeter het; en Van Zyl, hierdie keer op haar perd Fakhir, in die standaardgewig-afdeling. (Deur Stefan Skapie Goosen)
WP-rekord verpletter by uithourit
Links: Bianca Venter op Henarstep Cu-eesha het die 120 km liggewig-afdeling gewen, en ’n nuwe WP-rekord opgestel.
Regs: Nico-Meyer le Roux op BK Habanero het die 80 km liggewig-afdeling gewen. Foto’s: Picsieb Photography