Parkrun-uitslae

TARREN JULLIES was Saterdag (21 Augustus) se wenner van die 67ste Oudtshoorn virtuele Parkrun met ’n tyd van 24 minute 53 sekondes.

Francois le Roux, met ’n tyd van 26 minute 18 sekondes, was tweede en Henry Carstens derde met sy tyd van 27 minute 6 sekondes.

Die ander deelnemers, met hul tye, was Conrad Jullies (29:49), Annemarie le Roux (29:49), Abraham Hendricks (30:06), Sylvia le Roux (34:15), Hildegarde Bruwer (35:48), Garnett Wicomb (44:49), Jenny Saunders (55:18) en Gillian Findlay (63:30).

• Die eerste amptelike Parkrun in langer as ’n jaar word Saterdagoggend, 28 Augustus, weer by die Surval Olyflandgoed, aangebied.

Die wegspringtyd is 08:00 en nie meer as 100 drawwers en stappers sal toegelaat word nie. (Deur Garnett Wicomb)