DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) se lede het hul wedvlugduiwe Saterdag (21 Augustus) op Christiana in die Noord-Wes Provinsie losgelaat.
In wedvlug 21 het die Klein Karoo Lofts-span (KKL) die voortou geneem terwyl Johan de Jager wedvlug 22 se wenner was.
Wedvlug 21-uitslae: KKL – 1, 11, 12, 16, 20, 22, 23 en 30; De Jager – 2, 3, 8, 9, 10, 14 en 18; George Erasmus – 4, 19, 26, 27 en 28; Raubenheimer Broers – 5, 6, 13, 15, 21, 24 en 29; Hannes Smit – 7; en Ockie@Abe – 17 en 25.
Wedvlug 22-uitslae: De Jager – 1, 2, 6, 8, 13, 14, 16 en 27; Raubenheimers – 3, 19, 21, 23 en 26; KKL – 4, 7, 11, 17, 20 en 24; Erasmus – 5, 12, 15, 18, 28, 29 en 30; Smit – 9; en Ockie@Abe – 10, 22 en 25. (Deur Stefan Skapie Goosen)