Attakwas Extreme: rekord spat, en Yolande wen vroue-afdeling!

Oudtshoorn se eie Yolande de Villiers ry oor die wenstreep. Foto: Zoon Cronje

DIT was ’n opwindende naweek vir bergfietswedrenne in die ­Tuinroete met die Attakwas Extreme wat Saterdag (21 Augustus) vir hope aksie gesorg het.

’n Oudtshoorniet het die vroue-afdeling gewen en die mans-rekord is deur ’n jonge-ling verpletter!

Yolande de Villiers, reeds jare-lank bekend onder inwoners van die dorp as kampioen-fietsryer, het die vroue-afdeling gemaklik gewen volgens die organiseer-der, Dryland Event Management. Sy het ook 30ste algeheel geëindig met haar tyd van 05:59:23 oor die fietsren se 121 km na Groot Brak. De Villiers (48) het volgens Dryland vanaf die begin van die fietsren voorgeloop. Dit was haar negen-de Attakwas en derde wen.

Die mans-afdeling is deur 22-jarige Suid-Afrikaner Wessel Botha gewen in 04:46:22.

Met hierdie tyd het hy nie net die vorige rekord met ’n volle minuut en 34 sekondes verbeter nie, maar homself volgens
Dryland ook gevestig as ’n nuwe ster in bergfietsuithourenne om mee rekening te hou.

Botha moes in die doodsnikke van die fietsren sy kop neersit en het uiteindelik oor die wenstreep gejaag met twee teenstanders kort op sy hakke.

Die aantal deelnemers aan vanjaar se fietsren was ingeperk weens Covid-19-beperkinge. (Deur Stefan Skapie Goosen)