DIE span van die Wicit Sport-kroeg, Wicit Six, het Saterdag (30 Oktober) met die eerste prys weggestap toe hulle die span van Sky Lounge & Pub in die eindstryd van die 2021 potspeltoenooi oortuigend met 22-11 geklop het.
Die span van Sky het met mening weggespring en drie van die eerste vier wedstryde gewen, maar kon nie daarmee volhou nie.
Brian Minnie van Sky Lounge wat die toernooi aangebied en geborg het, het die twee spanne en hul ondersteuners bedank vir die goeie gees waarin die eind-stryd gespeel is. Vyf spanne het aan die toernooi deelgeneem.
In ’n uitdaagwedstryd, ook met prysgeld op die spel, na die toernooi, het Minnie en Elroy Wicomb van die Wicit Sport-kroeg, mekaar die stryd aangesê in ’n wedstryd wat Wicomb met ’n uitstekende laaste skoot ge-wen het. Volgens Minnie sal nog sulke toernooie in die toekoms aangebied word om die sportsoort te bevorder en meer blootstelling te gee. (Deur Garnett Wicomb)
Wicit Six wen Sky potspeltoernooi
Die span van Wicit Six met die tien jaar oue bottel KWV Brandewyn wat hulle gewen het. Van links staan Riaan, Michael, Benjamin, Denver, Elroy Wicomb, Justin, Franklin (kapt), Ricky, Maurice en Shaheed (agter). Foto: Garnett Wicomb