Western Hope wen jaarlikse Erfenis Hope Sixes-kriekettoernooi

Western Hope wat die jaarlikse Erfenis Hope Sixes-kriekettoernooi Saterdag op die Bridgton Sportgronde gewen het, ontvang die wennerstrofee van raadslid Hendrik Ruiters (derde van links). Die Western Hope-lede saam met Ruiters is van links Roune Morrison (bemarking), Phillip Goliath (sekretaris), Welton Verlaat (kaptein van die A-span), Calvyn Scheepers (voorsitter) en Deon Carelse (ondervoorsitter). Western Hope het in die eindstryd vir Harlequins verslaan. Die toernooi is met die hulp van die Oudtshoorn Munisipaliteit aangebied. Foto: Ebenezer Titus