Die wenners van die KFC Minikrieket se Afrigter van die Maand-program vir 2017 het elk ’n sertifikaat ontvang op Saterdag, 15 September, tydens die Afrika T20 Beker-uitdunronde wat op die Rec op Oudtshoorn gespeel is. Voor van links is Shanita Goliath (St Konrad Primêr) Meryl Daniels (Amalienstein Primêr), Glenda Stalmeester (PJ Badenhorst Primêr), Felicity Prins (Oudtshoorn Streekskoördineerder), Christelle September (Sunridge Primêr), Lavona Cloete (Panorama Primêr) en Carol le Roux (Dellville Park Primêr), en agter van links Leana Trollip (Formosa Primêr) en Kathlyn Marques (Van Reede Primêr). (Sertifikate is ook toegeken aan Martha McKenna (Gamka-Oos Primêr), Joulene Jacobs (Kretzenshoop Primêr) en Karmeneta Damons wat afwesig was met die neem van die foto.)