Deur Higgo Jacobs
SATERDAG se individuele stablefordgholfdag by die Oudtshoorn Gholfklub baan, wat deur die fiets-ry- en sportwinkel Gearup geborg is, is gewen deur Louis Fourie (jr) met ’n telling van 44 punte.
Skillie Pretorius was met 39 punte tweede en Nolan Dreyer (37) derde. Christelle Griebenouw, ook met 37, was op ’n uittel vierde en Louis Fourie (sr) met 36 vyfde.
Celeste Barnard het op die 12de putjie die naaste aan die pen geslaan, ’n spogtwee op die 15de behaal en boonop die boerpot gewen.
Dave Greeff het op die derde putjie die naaste aan die pen geslaan en die bal op dieselfde putjie vir ’n spogtwee ingerol.
Colin Swigelaar en AO Theunissen het albei op die 15de putjie spogtwees geslaan.