Wesbank Tennisklub palm nog ’n titel in

Bo Die span van Wesbank Tennisklub wat die A-Afdeling gewen het, is van links Marcell Petzer, Rida Bester, Madri van Wyk en Jacques de Beer (kapt). Foto verskaf

Wesbank Tennisklub spog met nog ’n titel vir 2025 nadat die klub se gemengde span, Jacques de Beer (kapt), Marcell Petzer, Madri van Wyk en Rida Bester Saterdag op Mosselbaai die Amex Eden distriksklubkampioenskap gewen het.

Die Wesbank Tennisklub het vroeër vanjaar ook in die A-afdeling van die Eden gemengde liga gewen.

Vier spanne het in die A-Afdeling en vyf in die B-afdeling meegeding.

Die wenners en naaswenners in elke afdeling dring deur tot die nasionale klubkampioenskap wat deur American Exspress geborg word.

Wesbank Tennisklub het prysgeld van R8 500 vir hul klub ontvang.