DIE A-span van die Wesbank Tennisklub het Saterdag op sy tuisbane met ‘n skittervertoning in sy eerste wedstryd van die seisoen die gedugte span van Great van George in die eersteliga gemengdekompetisie van die Eden Tennisvereniging met 4-2 geklop.
Wesbank het die eerste drie wedstryde gewen maar die besoekers het daarna teruggeslaan en twee wedstryde ingepalm om die uitslag in die weegskaal te plaas.
‘n Puik vertoning deur Phillip Nel en Retha Matthee het die knoop egter vir Wesbank deurgehaak. Hulle het Keith Lindsey en Ursula Kolbe in die beslissende wedstryd met 6-1, 6-0 van die baan gevee.
Die volledige uitslae is soos volg.
Eerste rondte
Jacques de Beer en Rida Bester k Steph van Heerden en Lizelle Fourie 6-4, 6-4; Pietman Schoeman en Christine van Coller k Keith Lindsey en Ursula Kolbe 6-2, 6-2; Phillip Nel en Retha Matthee k Chris Seal en Maaike Ferreira 6-4, 6-0.
Tweede rondte
De Beer en Bester v/t Chris Seal en Maika Ferreira 2-6, 7-6, 4-6; Schoeman en van Coller v/t van Heerden en Fourie 1-6, 4-6;
Nel en Matthee k Lindsey en Kolbe 6-1, 6-0. (Deur Garnett Wicomb)