Wesbank kroon tenniskampioene

Jacques de Beer, mansenkelspelkampioen van die Wesbank Tennisklub vir 2017, met sy trofee.

Jacques de Beer, mansenkelspelkampioen van die Wesbank Tennisklub vir 2017, met sy trofee.

Christine van Coller (links), vroue-enkelskampioen van 2017. Saam met haar is Rida Bes-ter saam met wie sy die vrouedubbelstitel gewen het. Van Coller het saam met Thinus Eloff ook die gemengde titel gewen.

Christine van Coller (links), vroue-enkelskampioen van 2017. Saam met haar is Rida Bester saam met wie sy die vrouedubbelstitel gewen het. Van Coller het saam met Thinus Eloff ook die gemengde titel gewen.

Thinus Eloff (links) en Dirkie Potgieter wat die mansdubbelspelkampioene is.  Eloff het ook die gemengdedubbelstitel saam met Christine van Coller gewen.

Thinus Eloff (links) en Dirkie Potgieter wat die mansdubbelspelkampioene is. Eloff het ook die gemengdedubbelstitel saam met Christine van Coller gewen.

Danie Steyl en Ernst Kok wat die veterane- dubbelspeltitel gewen het. Steyl, voorsitter van die tennisklub, het ook die veterane-en-kelspeltitel gewen.     Foto’s: Garnett Wicomb

Danie Steyl en Ernst Kok wat die veterane- dubbelspeltitel gewen het. Steyl, voorsitter van die tennisklub, het ook die veterane-en-kelspeltitel gewen. Foto’s: Garnett Wicomb

De Beer, Van Coller behou titels

Deur Garnett Wicomb
DIE Wesbank Tennisklub se enkelskampioene van verlede jaar, Jacques de Beer en Christine van Coller, het albei hul titels Saterdag suksesvol verdedig om as 2017 se kampioene gekroon te word.
De Beer het Thinus Eloff in ’n naelbyt eindstryd met 7-5, 4-6, 7-6 geklop terwyl Van Coller die vroue-enkelspel vir ’n rekord 16de keer gewen het.

Sy het die belowende jong Hermien de Wet gerieflik met 6-0, 6-1 geklop.
Van Coller het saam met Rida Bester ook die vrouedubbels teen Kayla Steyn en De Wet met 6-0, 6-1 gewen en saam met Eloff die gemengde dubbels met 6-3, 6-2 teen Jacques en Julia de Beer.

Dirkie Potgieter en Eloff is die mansdubbels-kampioene. Hulle het vir Corlu Nel en Theunis Kruger in die eindstryd met 6-3, 6-2 verslaan.

In die veterane-afdeling het Danie Steyl die mansenkelspel gewen deur Garnett Wicomb in die eindstryd met 6-3, 7-6 te klop.

Steyl het saam met Ernst Kok ook die veterane- dubbelspeltitel met 6-0, 7-5 teen Wicomb en Pieter Schoeman ingepalm.

• Van Coller het die vorige week in Port Elizabeth ook die enkelspel, en saam met Rida Bester die dubbelspel vir vroue 50+ tydens die OP Seniors Tennistoernooi gewen terwyl De Beer en Jeremy Drake die mansdubbels (45+) gewen het.