Wenstreek vir Oudtshoorn Rugbyklub na oorwinning

Die A-span van Oudtshoorn Rugbyklub na hul oorwinning teen die span van Calitzdorp verlede Vrydagaand op die REC in Oudtshoorn. Foto: Verskaf

Albei spanne van die Oudtshoorn Rugbyklub het hul vierde agtereenvolgende oorwinnings gehad toe hulle verlede Vrydagaand, 10 Mei, die spanne van Calitzdorp geklop het op die REC in Oudtshoorn.

Die A-span het weggestap met ’n eenpunt-oorwinning van 34 – 33. Jean Russouw is as die speler van die wedstryd aangewys.

Die B-span het ’n oortuigende oorwinning gehad met hul telling van 13 – 6. Heinrich Nathan is bekroon met die speler van die wedstryd-toekenning.

Albei spanne lê tans eerste in die SWD 1ste Liga B met die A-span op 21 punte en die B-span met 20 punte.

Hul volgende wedstryd vind plaas op 18 Mei teen die DKD Eagles by die Oudtshoorn Gevangenis. (Deur Lindi Brill)