Collegians gee Prins Albert pak

In ’n SWDRVU ligawedstryd verlede Saterdag op die Bridgton Sportgronde, het Collegians se A-span die span van Prins Albert met die kous oor die kop huistoe gestuur.

Dit was ’n klipharde wedstryd waar al twee spanne mekaar aangevat het.

Die telling was 26 – 15 in Collegians se guns. Collegians se B-span het ook Prins Albert se B-span met 20 – 15 geklop.

Die punte vir die A-span is aangeteken deur Mercavyn Le Roux (2 drieë), John Jess (1 drie), Adrian Lakay (1 drie) en Hedley Koelman (3 doelskoppe).

Collegians meet Saterdag, 18 Mei, kragte teen Knysna United in Knysna. (Deur Lindi Brill)