Aksie en goeie sportmangees op Leeupark

Bo duik een van Gimmies se spelers oor die doellyn. Foto: Pieter van der Walt

Die spanning was groot toe Gimmies en Struisies se eerste rugbyspanne mekaar Saterdag die stryd aan gesê het op Leeupark by Langenhoven Gimnasium.

Die gees van die toeskouers en leerders van beide skole om die veld het hoog geloop.

Elke span se spelers het hul harte uit gespeel tot die eindfluitjie geblaas het. Gimmies het die wedstryd gewen met ’n telling van 31 teenoor 20 vir Struisies.

Hier volg die res van Saterdag se uitslae van die rugby-, hokkie- en netbalspanne:
Rugby o.14A – Gimmies verloor 5-7; o.15A – Gimmies wen 22-12; o.16A – Gimmies wen 52-12; o.19B – Gimmies wen 33-0. Netbal o.14A – Gimmies wen 42-7; o.15A – Gimmies wen 22-11; o.16A – Gimmies wen 44-1; o.18A – Gimmies wen 46-12. Hokkie dogters o.14 – Gimmies wen 8-0; dogters o.16A – Gimmies wen 5-0; dogters o.19A – Gimmies wen 2-0; seuns o.16A – Gimmies wen 13-0; seuns o.19A – Gimmies wen 2-0.