Moeilike dag op veld vir Harlequin Forces
Die eerste rugbyspan van die Harlequin Forces het ’n moeilike dag op die rugbyveld beleef met hul wedstryd teen die Crusaders op Saterdag, 11 Mei, nadat een van hul geliefde spelers, Keanin Esau, vroeër daardie week oorlede is. Die telling was 19 – 28 vir die Crusaders. Saterdag, 18 Mei gaan egter ’n groot wedstryd vir hulle wees as hulle teen Bridgton te staan kom op hul tuisveld by die Oudtshoorn weermagrugbyvelde. Foto: Verskaf