Gidoen Badenhorst (links), klubkaptein van die Oudtshoorn Gholfklub, en Ronelle Huysamen (regs), hoof van die Laerskool Laurus, by die wenners van die skool se Legendes Gholfdag wat Saterdag by die plaaslike gholfbaan plaasgevind het. Die wenners van die vierbal-alliansie is van naaslinks Etienne Roos, Louis Koen wat in 1997 en 2002 vir die Proteas krieket gespeel het en as legende deel van die span was, Willem Burger en Francois Verwey. Hulle het ’n telling van 93 punte aangeteken. (Berig op bl 11) Foto: Schalk le Roux