Die Hoorn se Sportkalender

Saterdag, 5 Augustus 2017
RUGBY: SWD Presidentsliga • Collegians kom op die Bridgton Sportgronde (Plate) te staan teen Spring Roses. Die B-spanne skop om 14:15 af terwyl die A-spanne om 15:30 mekaar die stryd aansê. Vir navrae kan Julian Fielies gekontak word by 084 983 6088.
SWD Premierliga • Bridgton speel teen die Maoris op die Oudtshoorn Sportgronde (Rec). Die B-spanne se afskoptyd is 14:15 terwyl die A-spanne mekaar om 15:30 takel. Vir navrae kan Shirley ­Ewerts by 074 302 9816 gekontak word.
HOëRSKOLESPORT • Langenhoven Gimnasium speel rugby, netbal en hokkie teen die Hoërskool Montagu op die Gimmies se sportvelde. Vir navrae kan Theo by 044 272 2151 gekontak word.

Woensdag, 9 Augustus 2017
ROLBAL: • Die Oudtshoorn Rolbalklub hou ’n pretdag ter viering van Vrouedag op die bane van die klub. Tyd: 08:30 vir 09:00. Vir navrae kan Gertjie Bekker by 072 246 7792 gekontak word.
GHOLF: Die Oudtshoorn Tafelronde se gholfdag, ’n vier-bal-beter-bal, vind by die Oudtshoorn Gholfklub plaas. Inskrywings sluit op Dinsdag, 8 Augustus. Inskrywingsfooie is R180 per speler. Afslaantyd is 12:30. Vir navrae kontak Laurie Boshoff by 084 558 7855.

Saterdag, 12 Augustus 2017
RUGBY: Karoostreekliga • Halfeindstryd: Adias se A span speel teen Calitzdorp A op die Bridgton Sportgronde (Plate). Die wedstryd begin om 15:30. Adias se B span speel vanaf 14:00 teen Young Leaves. Vir navrae kan Lionel by 072 291 3970 gekontak word. In nog ’n halfeindstryd speel Oudts­hoorn teen Swings op die Rec (Oudtshoorn Sportgronde. Die wedstryd begin om 15:30. Vir navrae kan Ferdie van Rensburg by 084 991 6886 gekontak word.