Nols Kuhn (links) en sy spanlede, Johan Fernhout en Hennie van Greunen, het Vrydag en Saterdag (23 en 24 Junie) die derde plek behaal tydens die Klein Karoo Toyota Rolbaltoernooi by die Oudtshoorn Rolbalklub. Altesame 28 spanne het aan die toernooi deelgeneem. ’n Span van die George Rolbalklub het gewen en ’n span van die Oute-niqua Rolbalklubs was tweede. Foto: Ben du Preez