Ian Laubscher (middel) het Saterdag die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisgholfdag met ’n telling van 42 punte gewen. Steven Pieterse (regs) was tweede met 41 punte. By hulle is Gideon Badenhorst (klubkaptein). Foto: Higgo Jacobs
Deur Ben du Preez
IAN LAUBSCHER het Saterdag (24 Junie) die Oudtshoorn Gholfklub se maandelikse vleisdag met ’n telling van 42 punte gewen.
Steven Pieterse en Randell Jansen, albei met 41 punte, was op ’n uittel onderskeidelik tweede en derde.
Wico Lourens, Louis Rheeder en Clement Rex, al drie met 40, was op ’n uittel vierde, vyfde en sesde.
Pieterse het die boerpot met Francois Greeff gedeel. Rudy Mortlock was op die derde putjie naaste aan die pen. Spogtwees is geslaan deur Laubscher (12de), Gideon Badenhorst (8ste), Francois Beets (3de) en Ockie Horowitz (12de).
• Woensdag, 21 Junie, se individuele putjiespel is deur Francois Greeff met ’n telling van 36 punte gewen. Johan Cornelissen, ook met 36, was op ’n uittel tweede, gevolg deur Pie-tie Mooney, Terry van Coller en Etienne Roos, met 35 punte elk.
Nolan Dreyer het die boerpot ge-wen. Higgo Jacobs was naaste aan die pen op die 15de putjie.