Deur Ben du Preez
DIE gewilde Volstruiswedloop oor 21,1 km en 10 km, wat jaarliks tydens die KKNK aangebied word, vind Saterdag plaas.
Die wedloop waarby sowat 200 langasems verwag word, begin om 07:00 by die Laerskool Wesbank in Parkweg-Suid en eindig weer daar.
Die prysuitdeling is om 10:15. In die ope-afdeling is die prysgeld R500, R300 en R200 vir die eerste drie atlete oor die wenstreep. Prysgeld vir die 10 km is R250, R150 en R100 vir die eerste drie plekke.
Daar is ook prysgeld vir wenners in die verskillende ouderdomsgroepe.
Die Volstruiswedloop tel as ’n liga-byeenkoms vir die Eden-distrik se klubs.
Registrasie is môre van 17:00 tot 20:00 by die Laerskool Wesbank.
Vir navrae kontak David McKinnon by 082 374 8632.