
Erasmus en Van der Merwe wen
DUIWE van George Erasmus en Cobus van der Merwe het Saterdag die Klein Karoo Posduifklub se laaste wedvlugte vir die seisoen gewen. Die wedvlug was vanaf Kimberley.
Die Ope 1-uitslae is: Erasmus – 1, 6, 9, 14 en 15; Van der Merwe – 2, 3, 5, 7, 10 en 13; en Dirk Greeff – 4, 8, 11 en 12.
Die Ope 2-uitslae is: Van der Merwe – 1, 2, 4, 5, 7, 11 en 12; Erasmus – 3, 6, 8, 9, 10, 16 en 17; en Greeff – 13, 14 en 15.
• Van der Merwe (1), Erasmus (2), Greeff (3), Tobie Ellis (4), Otto Lofts (5), Hannes Smit (6) en Klein Karoo Lofts (7) is 2019 se algemene klubkampioene.
Thysses maak skoonskip
DUIWE van Willie en Suyen Thysse van die Oudtshoorn Duiweklub het Saterdag albei vlugte vanaf Kimberley gewen.
Die ope 1-uitslae is: Thys-ses – 1, 3, 4, 5, 7 en 8; en Night Drops – 2, 6, 9 en 10.
Die Ope 2-uitslae is: Thys-ses – 1, 2, 3, 4, 8 en 10; en Night Drops – 5, 6, 7, 9 en 11.
• Die Thysses is die 2019 klubkampioene met Night Drops tweede en Lipstick Hokke derde.