Oudtshoorn rolbalklub neem deel aan rolbalkursus

Altesame 14 lede van die Oudtshoorn Rolbalklub het van Vrydag tot Sondag (11 – 13 Oktober) aan Simon Botha se rolbalkursus op Oudtshoorn deelgeneem. Botha het so pas uit Maleisië teruggekeer waar hy hul nasionale span 3 jaar lank afgerig het. Die Oudtshoorn-deelnemers is voor van links Leana Bawden, Christa Hanekom, Botha, Justine Eaglestone (president van die klub) en Susan Maree, en agter van links Ben du Preez, Piet Loubser, Martin Bekker, Graeme Bawden, Alex Stevens, Hannette Bekker, Danie Bosman, Skwik Luyt en Alewyn Hanekom. Nog sowat twintig deelnemers uit die streek asook Boland en Oos-Kaap het die intensiewe kursus bygewoon. (Foto verskaf.)