Wedvlugte van Bloemhof

DIE Oudtshoorn Posduifklub (OPK) se lede het hul wedvlugduiwe Saterdag (4 September) op Bloemhof in die Noord-Wes Provinsie losgelaat, met die duiwe wat tussen 730 en 738 km gevlieg het terug huistoe.

In beide wedvlug 23 en 24 het Johan de Jager se duiwe die voortou geneem, en die top 2 posisies in elke vlug beklee. George Erasmus se duiwe was kort op sy hakke, ook in altwee wedvlugte, en het derde en vierde plekke ingepalm.

Wedvlug 23-uitslae: De Jager – 1, 2, 5, 6, 7, 8, 10, 11 en 15; Erasmus – 3, 4, 13 en 14; Ockie@Abe – 9 en 16; Hannes Smit – 12 en 17.

Wedvlug 24-uitslae: De Jager – 1, 2, 5, 7, 9, 13, 14 en 18; Erasmus – 3, 4, 6, 11, 12 en 19; Ockie@Abe – 8, 10 en 16; Smit – 15, 17 en 20. (Deur Stefan Skapie Goosen)